Polisie op soek na vermiste vrou

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die polisie op Mokwakwaila buite Tzaneen vra die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste 19-jarige vrou op te spoor..

Emission Surprise Makadikwa is van Ga-Ratjeke Villiage. Volgens die polisie het sy na die plaaslike poskantoor gegaan om haar SRD-toelaag te kry, en het toe nooit teruggekeer huis toe nie.

“By tye van haar verdwyning het sy ‘n oranje hemp, ‘n grys sweetpakbaadjie, grys Viva-tekkies en ‘n denimbroek aangehad.”

Die polisie kon haar nie by haar vriende of familie se huise opspoor nie.

As jy enige inligting in verband met haar verdwyning het, skakel adj.-off. Nthai Modjadji by 060 996 0062.