Vyf beseer in botsing

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Vrydagmiddag kort na 16:00 het Netcare 911 reageer op inligting oor ‘n botsing wat op die M4 tussen Sibaya en uMdloti in Durban plaasgevind het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê volgens verslae was verskeie motors in die botsing betrokke.

Herbst sê vyf mense het van ligte tot ernstige beserings opgedoen.

“Al die pasiënte is op die toneel behandel en toe hulle gestabiliseer is, is hulle deur verskeie ambulansdienste na die plaaslike hospitale geneem.”

Die polisie was ook op die toneel.