Kobus van den Berg is die burgemeesterskandidaat vir die VF Plus vir Sol Plaatje, Kimberley, in die Noord-Kaap.
Van den Berg woon al 25 jaar in Kimberley en wil graag toesien dat die gemeenskap beter dienslewering ontvang.
Hy is ’n voormalige bestuurskomiteelid van die sakekamer en het as voorsitter van AfriForum in Kimberley gedien. Kobus is ’n sakeman en dienende raadslid van beroep en beywer hom daagliks om munisipale- en diensleweringsprobleme aan te spreek.
FiND iT het van den Berg ’n paar vrae gevra, so net voor die verkiesing.
Wat sal gebeur as die VF Plus in koalisie met ’n ander party gaan?
“Die belangrikste aanvanklik sal wees om te onderhandel oor raakpunte. Dan ook om die munisipaliteit in die regte rigting te stuur. Enige regering waar ‘n enkele party meer as 50 persent en dus alle mag besit, is na my mening nie ‘n demokrasie nie. Gemeenskappe word beter gedien deur kleiner partye wat die bepaalde gemeenskap se belange op die hart dra.”
Hoe sal die VF Plus die tenderprosedures hanteer
“Dit is so maklik om die regte ding te doen. Wetgewing is baie goed ten opsigte van tenderprosedures. Volg dit net! Stop tender-manipulering deur ontslae te raak van swart ekonomiese bemagtiging (BBEEE). Dit is toksies vir besigheid.”
As die VF Plus in bewind is, hoe sal die VF Plus die uitdagings rondom infrastruktuur, gemik op die water, hanteer?
“Die verskoning is ou infrastruktuur. Maar snelle optrede en moderne, pro-aktiewe foutopsporing maak al die verskil. En om vadersnaam installeer eenrigtingkleppe wat die foute kan isoleer en hersteltyd drasties verminder. Hou op om geld te mors op kontrakteurs van elders.”
Hoe wil julle BBEEE elimineer?
“Raak ontslae van ongekwalifiseerde personeel deur in diens toetsing en verifikasie van kwalifikasies. En stel in die vervolg die bes gekwalifiseerde persoon aan deur middel van opleiding en psigometriese toetsing.”
Hoe sal ‘n VF Plus Sol Plaatje lyk?
“Mens hoef nie slordig te wees as jy arm is nie! Kom ons maak eers huis skoon en begin dan bou!”
Sal julle die naam Sol Plaatje verander?
“Persoonlik verkies ek die naam Kimberley. Maar in ‘n koalisie-regering sal so ‘n saak deur almal betrokke hanteer moet word.”
Hoe sal die VF Plus die slaggat-probleem in Kimberley hanteer?
“Paaie bou wat hou is ‘n spesialisfunksie. Daar is geen rede waarom dit egter nie inhuis hanteer kan word nie. Dit bring kostes af en ons kan sodoende dubbel die pad kry teen die helfde van die koste. Kom ons begin daar!”
Wat is jou wens vir Kimberley, oor vyf jaar?
“Dat die gemeenskap ons vordering kan sien, en sodoende weet hul is in veilige hande wat sal sorg dat almal weer bo sal uitkom!”
Stem vir ʼn kandidaat met ʼn bewese diensbaarheidsrekord wat die ervaring en kennis het om jou belange te bevorder. Stem op 1 November vir Kobus en die VF Plus en staan saam op teen die verval in jou munisipaliteit.
083 454 9410 [email protected].
*Advertensie



