VF Plus: ‘n tegnologie-gedrewe ekonomiese ontwikkeling

Deel hierdie storie / Share this story

Danie Coetzee, VF Plus-lid van die Noord-Kaap Wetgewer, gesels ‘n bietjie met FiND iT oor sy visie, kennis en planne vir tegnologie-gedrewe ekonomeese ontwikkeling in dié provinsie.

Volgens Coetzee het tegnologiegedrewe ontwikkeling ‘n baie belangrike betekenis vir probleme wat ons tans op munisipale diensleweringsvlak ervaar.

“Dit gaan oor die beginsel daarvan om tegnologie aan te wend om afval in hulpbronne te omskep, sodat daar binnekort te min van is.”

Coetzee vertel sy siening is, in ‘n neutedop, dat die wêreld van energieproduksie en gebruik in die toekoms drasties gaan verander.

“Energiekoste is besig om in die guns van hernubare bronne te draai en die Noord-Kaap is geseënd met baie sonskyn en grondstowwe soos yster mangaan koper en sink.” Energiekoste is besig om in die guns van hernubare bronne te draai en die Noord-Kaap is geseënd met baie sonskyn en grondstowwe soos yster mangaan koper en sink.” Dit kan vir die Noord-Kaap, onder andere, sonkrag en ander hulpbronne teweeg bring.

Coetzee vertel verwerking van dié grondstowwe vereis baie energie en die koste van die eindproduk is direk eweredig aan die koste van energie.

“Koolstofbelasting, asook verbruikers se vraag na produkte met ‘n verlaagde koolstofvoetspoor, sal in die toekoms ekonomieë ondersteun wat op hernubare energie gebaseer is.”

Weet jy wie is jou VF Plus kandidaat vir wie jy in dié verkiesing kan stem? Jy tik net jou ID-nommer in en die stelsel neem jou direk na jou wyk en kandidaat.

Maklik!

Klik net op www.wieismykandidaat.co.za.