VF Plus-kandidate in Sol Plaatje

Deel hierdie storie / Share this story

Sol Plaatje:

Burgemeester-kandidaat:

Kobus woon al vir die afgelope 25 jaar in Kimberley en wil graag toesien dat die gemeenskap beter dienslewering ontvang.

Hy is ʼn voormalige bestuurskomiteelid van die sakekamer en het as voorsitter van AfriForum in Kimberley gedien. Kobus is ʼn sakeman en dienende raadslid van beroep en beywer hom daagliks om munisipale- en diensleweringsprobleme aan te spreek. Hy besef die waarde wat goeie dienslewering vir die plaaslike ekonomie, werkskepping en algehele vooruitgang van die gemeenskap inhou en glo dat die VF Plus se plan vir beter munisipale bestuur dit tot voordeel van die ganse Sol Plaatje sal bewerkstellig.

Stem vir ʼn kandidaat met ʼn bewese diensbaarheidsrekord wat die ervaring en kennis het om jou belange te bevorder. Stem op 1 November vir Kobus en die VF Plus en staan saam op teen die verval in jou munisipaliteit.
083 454 9410 [email protected]

Johan is ʼn passievolle en getroue gemeenskapsdienaar wat by verskeie welwillendheids- en gemeenskapsorganisasies betrokke is.

Hy dien op die bestuur van sy plaaslike AfriForum-tak en is lid van die gemeenskapspolisiëringsforum en buurtwag. Hy is ook die sekretaris van die VF Plus-tak in Kimberley en werk hard tydens tussenverkiesings.

Verder het Johan ervaring as raadslid weens sy posisie as raadslid van Sol Plaatje munisipaliteit vanaf 2009 tot 2011 asook vir Frances Baard Distriksmunisipaliteit vanaf 2011 tot 2016. Hy beskik dus oor waardevolle plaaslike regeringskennis wat hy tot voordeel van die gemeenskap wil terugploeg.

Hy wil graag nog meer diensbaar wees deur die swak standaard van dienslewering in die munisipaliteit as raadslid aan te spreek. Hy glo dat die VF Plus se plan vir munisipaliteite die nodige oplossings bied wat tot voordeel van die hele gemeenskap van die Sol Plaatje munisipaliteit sal strek. Stem vir ʼn dinamiese kandidaat met ʼn bewese diensbaarheidsrekord. Staan saam met Johan op teen die verval in jou munisipaliteit en stem op 1 November op al jou stembriewe vir die VF Plus. 083 261 3189 [email protected]

Frans is ʼn passievolle en getroue gemeenskapsdienaar wat by sy kerk en ander gemeenskapsorganisasies betrokke is.

Hy het gedien as ondervoorsitter van sy plaaslike AfriForum-tak en was aktief betrokke by die Sol Plaatje Bloudruppelwaterprojek. Hy is aktief betrokke by VF Plus-partystrukture en help in sy persoonlike hoedanigheid reeds met die aanmeld en oplos van munisipale probleme. Hy wil graag nog meer diensbaar wees deur die swak standaard van dienslewering in die munisipaliteit as raadslid aan te spreek.

Hy glo dat die VF Plus se plan vir munisipaliteite die nodige oplossings bied wat tot voordeel van die hele gemeenskap van die Sol Plaatje-munisipaliteit sal strek. Stem vir ʼn dinamiese kandidaat met ʼn bewese diensbaarheidsrekord. Staan saam met Frans op teen die verval in jou munisipaliteit en stem op 1 November op al jou stembriewe vir die VF Plus. 079 336 7627 [email protected] 

Wilhelm is ʼn dinamiese jong kandidaat wat hom daagliks vir beter dienslewering en die welstand van sy gemeenskap en omgewing beywer.

Hy was betrokke by uitreik-aksies van Solidariteit Helpende Hand en het tesame met die DBV gehelp met die red van en omsien na flaminkkuikens vanaf die Kamfersdam. Hy het ʼn tersiêre kwalifikasie in landbou en beskik oor bemarkings- en tegniese vaardighede. Gedurende sy tyd op universiteit het hy vir die UV se eerste hokkiespan gespeel en het hy ook op die bestuur van beide die VF Plus-Kovsies en AfriForum Jeug-Kovsies gedien.

Wilhelm wil graag toesien dat sy gemeenskap beter dienslewering ontvang en sal hom daarvoor as raadslid beywer. Hy sal ook sy kennis en vaardighede tot voordeel van die gemeenskap wil aanwend. Stem vir ʼn dinamiese jong kandidaat en ʼn party wat daadwerklike planne en oplossings bied. Stem op 1 November vir Wilhelm en die VF Plus en staan saam op teen die verval. 072 697 0726 [email protected]

Dawie Griesel is ʼn passievolle en getroue gemeenskapsdienaar wat by verskillende gemeenskapsorganisasies betrokke is.

Hy dien as AfriForum veiligheidshoof vir Kimberley, as wyksleier van sy buurtwag en is reeds aktief betrokke by die oplos van munisipale probleme soos die teer van strate, regmaak van waterlekke en skoonmaakaksies in sy wyk. Hy wil graag nog meer diensbaar wees deur die swak standaard van dienslewering in die munisipaliteit as raadslid aan te spreek.

Hy glo dat die VF Plus se plan vir munisipaliteite die nodige oplossings bied wat tot voordeel van die hele gemeenskap van die Sol Plaatje munisipaliteit sal strek. Stem vir ʼn dinamiese kandidaat met ʼn bewese diensbaarheidsrekord. Staan saam met Dawie op teen die verval in jou munisipaliteit en stem op 1 November op al jou stembriewe vir die VF Plus. 082 240 6353 [email protected]

Ruhan is ʼn dinamiese jong kandidaat wat graag sy gemeenskap as raadslid wil dien. Hy is aktief betrokke by welwillendheids- en gemeenskapsorganisasies wat insluit Solidariteit Helpende Hand en sy plaaslike buurtwag.

Ruhan was ʼn lid van die studenteraad by die Universiteit van die Vrystaat, waar hy ook as ondervoorsitter van VF Plus-Kovsies gedien het. Hy glo dat die mense van die Sol Plaatje munisipaliteit beter dienslewering verdien en sal homself as raadslid daarvoor beywer.

Hy glo ook dat die VF Plus die ideale voertuig is om verandering in die munisipaliteit te bewerkstellig en dat die party se plan vir beter munisipale bestuur tot voordeel van die hele gemeenskap van die munisipaliteit sal wees. Staan saam met Ruhan op teen die verval in jou munisipaliteit en stem op 1 November vir die VF Plus. 082 379 4691 [email protected]

James woon al vir 33 jaar in Kimberley en wil graag sy gemeenskap as raadslid dien. Hy het 25 jaar se ondervinding in staatsfinansies en wil graag die kennis toepas as raadslid tot voordeel van sy gemeenskap. James is aktief betrokke by sy plaaslike buurtwag. Hy glo dat die mense van Sol Plaatje munisipaliteit beter dienslewering verdien en sal homself as raadslid daarvoor beywer.

James glo dat die VF Plus die ideale voertuig is om verandering in die munisipaliteit te bewerkstellig en dat die party se plan vir beter munisipale bestuur tot voordeel van die hele gemeenskap van die munisipaliteit sal wees. Staan saam met James op teen die verval in jou munisipaliteit en stem op 1 November vir die VF Plus. 082 337 0984 [email protected]

*Advertensie

Lees ook: ANC councilor candidate’s cousin killed after failed assassination attempt