Kêrel en sy vriend in hof ná moord op Vicki (42)

Deel hierdie storie / Share this story

Reinhardt Leach (32) en Dylan Cullis (20) verskyn vandag vir ‘n tweede keer in die Gqeberha-landdroshof na hulle in verband met die moord op Vicki Terblance (42) in hegtenis geneem is.

Terblance se liggaam is Saterdagoggend omstreeks 03:00 in ‘n vlak graf in ‘n oop stuk veld in Greenbushes gevind na die polisie Cullis en Leach vir ‘n ruk ondervra het.

Terblance het op 19 Oktober vermis geraak na sy glo in ‘n bakleiery met Leach betrokke was.

Leach en Cullis het Maandag vlugtig in die hof verskyn en die saak is na vandag uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Lees die vorige berig hier.