VF Plus-kandidate in Phokwane

Deel hierdie storie / Share this story

Phokwane:

Burgemeester-kandidaat:

Theo woon reeds vir 18 jaar in Hartswater en is passievol oor die gemeenskap.

Theo is ook aktief by gemeenskapsorganisasies en -projekte betrokke en staan inwoners met daaglikse munisipale probleme by. Hy is ‘n stigterslid van die Vaalharts-belastingbetalersvereniging en was ook by die stigting van die Phokwane-gemeenskapsforum betrokke.

Theo was in 2012 betrokke by die stigting van die Vaalharts AfriForum-tak en het van 2016 tot 2018 as voorsitter van die tak gedien. Theo veg om te verhoed dat Eskom weens Phokwane-plaaslike munisipaliteit se wanbetaling die kragtoevoer van die munisipale gebied afsny.

Sy inisiatiewe in hierdie verband het tot dusver die beperking van elektrisiteitstoevoer deur Eskom verhinder. Theo was ook betrokke by die blootlê van talle ongerymdhede en wanpraktyke van die munisipaliteit. As dienende raadslid tree hy as effektiewe waghond op en beywer hy hom daagliks vir beter munisipale bestuur en dienslewering. Sy ervaring en kennis is van onskatbare waarde en hy sal graag wil aanhou om dit tot voordeel van die gemeenskap aan te wend. Stem vir ʼn ervare en bekwame kandidaat.

Stem vir Theo en die VF Plus op 1 November en staan saam op teen die verval. 072 938 8588 of [email protected].

Estelle woon reeds vir 16 jaar in Hartswater en is passievol oor die gemeenskap. Sy is aktief betrokke by gemeenskapsprojekte en veral armoedeverligting lê haar na aan die hart.

Sy is reeds vir etlike jare by die VF Plus betrokke en is tans die sekretaris van die VF Plus-tak op Hartswater. Sy wil graag ‘n verskil in haar gemeenskap maak en as raadslid sal sy haar vir beter dienslewering beywer.

Estelle glo dat inwoners se belange eerste gestel moet word en dat die VF Plus die mees effektiewe voertuig is om werklike verandering teweeg te bring.

Die VF Plus se beleid bied daadwerklike oplossings en die party se plan vir beter munisipale bestuur sal tot voordeel van die hele gemeenskap van Phokwane wees.

Maak van die geleentheid gebruik op 1 November om verandering te bewerkstellig. Stem vir die kandidaat wat jou belange eerste sal stel en stem op al jou stembriewe VF Plus. 072 521 9971 of [email protected]

Johann woon reeds vir 31 jaar in Hartswater en as finansiële kundige sal sy ervaring tot groot voordeel van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit en sy inwoners wees.

Johann is betrokke by die gemeenskap en speel ‘n groot rol by Huis Andalusia vir bejaardes. Hy wil graag ‘n verskil in sy gemeenskap maak en as raadslid sal hy hom vir beter dienslewering beywer. Sy finansiële agtergrond sal hom in staat stel om ‘n daadwerklike oorsigrol oor die munisipaliteit se finansiële bestuur te speel.

Hy glo dat inwoners se belange eerste gestel moet word. Inwoners se swaar verdiende belastinggeld moet tot hul voordeel aangewend en oordeelkundig bestee word. Johann glo dat die VF Plus die mees effektiewe voertuig is om werklike verandering teweeg te bring.

Die VF Plus se beleid bied daadwerklike oplossings en die party se plan vir beter munisipale bestuur sal tot voordeel van die hele gemeenskap van Phokwane wees.

Maak van die geleentheid gebruik op 1 November om verandering te bewerkstellig. Stem vir die kandidaat wat jou belange eerste sal stel en stem op al jou stembriewe VF Plus. 083 225 8642 of [email protected]

Ralph is passievol en gereed om die gemeenskap te dien. Hy is voorsitter van ʼn plaaslike skool se beheerraad en ʼn lid van die buurtwag. Gemeenskapsbeveiliging lê hom na aan die hart en hy is by welwillendheidsprojekte betrokke.

Hy wil graag ‘n verskil in sy gemeenskap maak en as raadslid sal hy hom vir beter dienslewering beywer. Ralph glo dat die VF Plus die mees effektiewe voertuig is om werklike verandering teweeg te bring.

Die VF Plus se beleid bied daadwerklike oplossings en die party se plan vir beter munisipale bestuur sal tot voordeel van die hele gemeenskap van Phokwane wees.

Maak van die geleentheid gebruik op 1 November om verandering te bewerkstellig. Stem vir die kandidaat wat jou belange eerste sal stel en stem op al jou stembriewe VF Plus. 083 354 4222

*Advertensie

Lees ook: VF Plus dien klag in teen Govan Mbeki-munisipaliteit oor rioolkrisis