Dikgatlong:
Burgemeester-kandidaat:

Jan woon al vir 29 jaar in Delportshoop en wil graag as raadslid diensbaar wees vir sy gemeenskap. Hy is voorsitter van die VF Plus-tak en aktief betrokke by welwillendheidsorganisasies.
Jan besef dat goeie dienslewering die plaaslike ekonomie sal stimuleer, werkskepping sal bevorder en sal bydra tot die algehele vooruitgang van die gemeenskap. Daarom wil hy homself as raadslid vir beter dienslewering in die Dikgatlong munisipaliteit beywer.
Jan glo dat die VF Plus se beleid en plan vir beter munisipale bestuur tot voordeel van die hele gemeenskap sal wees en sal dit graag in die raad wil uitbou en bevorder.
Stem vir ʼn kandidaat wat ʼn verskil wil maak en ʼn party wat daadwerklike oplossings bied. Stem op 1 November op al jou stembriewe vir die VF Plus en staan saam op teen die verval. 079 717 3770 of [email protected]
*Advertensie



