KIMBERLEY. – Chara’s Care het op 22 Oktober 2021 ’n rolstoel vir ’n bejaarde verkragtingslagoffer geborg.
Die slagoffer (78) is blind en het mobiliteitsprobleme. Haar toestand het na die aanval, wat in Junie 2021 plaasgevind het, versleg.
Hierdie ruim geskenk word opreg deur die familie van die slagoffer waardeer. ’n Formele oorhandigingsgeleentheid word binnekort gereël.
Die rolstoel sal die slagoffer baie help, veral tydens haar kliniekondersoeke en mediese behandeling.
Die polisie en die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor Corrie Burger en Nadya van Heerden van Chara’s Care (geborg deur Lotto) vir hul skenking en ook omdat hulle hulle harte oopgemaak het vir die gemeenskap, veral slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.
LEES OOK: Boogskiettoerusting vir Laerskool Du Toitspan
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



