KIMBERLEY. – ’n Massiewe waterlek op die hoek Dalhamweg- en Haberfeldstraat in Klisserville is steeds nie herstel nie. Duisende liters water loop al van gister af in die pad af.
Ockie Fourie, DA-raadslid van Wyk 25, het gister ’n beroep op die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen om die probleem spoedig te herstel.
Fourie het vandag weer ’n beroep op die munisipaliteit gedoen.
Kimberley Online Co. en FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



