Akteur Alec Baldwin skiet per ongeluk vrou op stel

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende akteur, Alec Baldwin, het ‘n vrou op die stel van sy nuwe fliek Rust noodlotting gewond toe hy per ongeluk ‘n vuurwapen op stel afgevuur het. Tydens die voorval is die regisseur ook beseer.

Die polisie het aan oorsese media gesê die voorval word nog ondersoek, maar geen klag is gelê nie. Die besonderhede oor die voorval is ook nog onduidelik.

Saak word ondersoek na Alec Baldwin vuurwapen afvuur

Die vrou, Halyna Hutchins (42), is na ‘n hospitaal geneem, maar het aan haar beserings beswyk. Die regisseur, Joel Souza (48), het hulp op die stel ontvang. In ‘n verklaring sê die International Cinematographer’s Guild dat Hutchins se dood “‘n vreeslike verlies” is. “Die besonderhede is op die oomblik onduidelik, maar ons werk daaraan om meer uit te vind. Ons ondersteun ‘n volledige ondersoek na hierdie tragiese gebeurtenis,” sê die president van die gilde, John Lindley, en uitvoerende direkteur, Rebecca Rhine.

LEES OOK: PAS BEKEND: Boer Garth borgtog geweier, bly agter tralies

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.