October 18, 2021

Rioolwater ’n probleem in Joelstraat

Die inwoner sê ook dit lyk of die lekkasie onder die pomphuis, wat al vir ’n tyd buite werking is, af kom.

Rioolwater ’n probleem in Joelstraat

Rioolwater ’n probleem in Joelstraat

KIMBERLEY. – ’n Geblokkeerde mangat aan die agterkant van Joelstraat in Ernestville veroorsaak dat rioolwater die veld vol loop.

’n Inwoner van die gebied, wat anoniem wil bly, sê die probleem het al in Augustus ontstaan.

“Ons het die probleem al menigmale by die munisipaliteit aangemeld en hulle het uitgekom, maar kon nie die blokkasie kry nie. Ons het nou maar ‘trenches’ gegrawe en die rioolwater loop nou in die stormwaterdrein af.”

Die inwoner sê ook dit lyk of die lekkasie onder die pomphuis, wat al vir ’n tyd buite werking is, af kom.

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Kenilworthstraat na Yonder steeds na jare ‘n probleem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *