October 18, 2021

Kenilworthstraat na Yonder steeds na jare ‘n probleem

Hierdie pad sou al glo in 2019 herstel word vir die Yonder Hartsfees wat destyds daar gehou is, maar steeds is daar geen verandering.

Kenilworthstraat na Yonder steeds na jare ‘n probleem

Kenilworthstraat na Yonder steeds na jare ‘n probleem

Kenilworthstraat wat De Beers met Kimdustria en Kenilworth verbind, is na jare steeds nie herstel nie.

Marie Burger, ‘n inwoner van die stad, sê die probleem kom al jare aan en die pad word net nooit herstel nie.

“Mense kan nie by die besighede en hulle huise uitkom nie en moet heeltyd ompad ry. Dit help nie eers meer mens meld die probleem aan nie.”

Hierdie pad sou al glo in 2019 herstel word vir die Yonder Hartsfees wat destyds daar gehou is, maar steeds is daar geen verandering.

Die pad onderdeur die brug is feitlik onrybaar. Dit is vol gate en is oorstroom met water. Verskeie berigte is al oor hierdie probleem geskryf en inwoners het selfs in 2020 probeer om die pad self te hertsel.

So het die pad in 2019 gelyk:

Hoe die pad tans lyk:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *