OOS-KAAP. – Die Qumbu-speurders het dadelik ‘n soektog begin om vier vermeende moordverdagtes op te spoor en in hegtenis te neem wat na bewering ‘n 27-jarige man in die omgewing doodgeskiet het.
“Na bewering het ‘n groep mans omstreeks 01:30 op 10 Oktober 2021 uit ‘n taverne teruggekeer huis toe, toe hulle deur vier insittendes van ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Die insittendes het glo navraag gedoen oor ‘n verlore selfoon,” sê Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder.
Die bestuurder van die voertuig het na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal en Luyanda Fumbaza (27) noodlottig gewond. Hulle het toe weggery.
Moordverdagtes verskyn binnekort
Daar word verder beweer dat die verdagtes omstreeks 11:00 na die taverne teruggekeer het, waar hulle die selfoon gevind het. Speurders is in kennis gestel van waar die verdagtes hulle moontlik kon bevind. Die vier mans tussen 21 en 48 jaar is in hegtenis geneem.
Die Mercedes Benz is glo in Augustus 2021 in Mdantsane gekaap.
“Die verdagtes word aangehou weens moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die besit van ‘n gekaapte voertuig.”
Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Qumbu verskyn.
LEES OOK: Sprankelende juffrou onder vier jong mense wat in ongeluk sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



