KIMBERLEY. – Die polisie van Kagisho ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n 40-jarige man op 3 Oktober 2021 omstreeks 01:00 in Retswelele in Galeshewe in sy motor voor ‘n huis doodgeskiet is.
Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, was daar ook ‘n vroulike passasier langs die slagoffer in die motor.
Man van Kimberley langs vrou doodgeskiet
“Terwyl hulle in die voertuig gesit het, het daar ‘n wit motor langs hulle ingetrek. Die passassier van die wit moror het na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal en op die slagoffer geskiet. Hy is op die toneel dood,” sê Gamieldien.
Die vroulike passassier het geen beserings opgedoen nie.
Die polisie het die 72 uur-aktiveringsplan geïmplementeer om na die verdagte te soek.
Enigiemand met inligting wat die polisie se ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Donna Palm, by 060 972 3262 of 08600 10111 te skakel. Die inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word.
LEES OOK: Boksburg aan die gons oor tiere op erf langs kleuterskool
LEES OOK: Babatjie toegedraai in asblik op dorp gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



