Die 9-jarige LJ de Lange wat in die hospitaal beland het ná hy gif gedrink het, is vandag ontslaan en het vanoggend aan ‘n pizza weggelê.
Sy ma, Lezannè Rossouw, vertel dat haar seuntjie selfs beter lyk as gister.
“Hy kla maar nog van moegheid, en hy was vreeslik honger, toe besluit ons om hom eers ‘n bietjie uit te neem vir ‘n pizza” vertel Rossouw. “Hy het vir hom ‘n pizza en ‘n ‘bubbelgum millshake’ bestel.”
Sy ma vertel LJ het Saterdagaand net ‘n bietjie sleg geslaap omdat hy sy ma gemis het, maar die susters by die hospitaal het hom op sy gemak gestel.
“Sy nek was ‘n bietjie seer van die hospitaalbed en hy wou nie regtig eet nie, maar dis seker as gevolg van die spanning omdat hy ons gemis het.”
Lees LJ se vorige berig hier.



