Die 9-jarige LJ de Lange het Donderdagmiddag gif gedrink wat in ‘n Powerade-botteltjie was toe hy gedink het dis koeldrank. Sy ma, Lezannè Rossouw, vertel huilend dat hulle vandag agtergekom het die mediese fonds waarby hulle in September aangesluit het, is ‘n “klug” en dat hulle nou dringend R120 000 moet insamel vir LJ om by ‘n privaat hospitaal opgeneem te kan word om die nodige mediese behandeling te kry.
“My hondjie se vel gee probleme en ‘n vriendin van my het vir my ‘dip’ gegee vir ons hondjie se vel. Sy het dit vir my sommer in ‘n Powerade-botteltjie gegooi.”
Rossouw sê sy het gister ‘n klomp draaie gehad om te ry. “My seuntjie was in die kar en toe ek by die hek uitry, het ek gesien hy sluk van die gif. Hy het dit dadelik uitgespoeg.”
Rossouw sê sy het onmiddellik vir LJ gesê om sy mond met water te gaan uitspoel en nie eers sy spoeg in te sluk nie, maar kort voor lank het hy bleek geraak en begin rondval.
“Ons het hom dadelik na die ongevalle-eenheid by die staatshospitaal in Wolmaransstad geneem, waar hulle hom met ‘activated charcoal’ behandel het.”
Rossouw en haar man wou LJ in die privaat hospitaal laat opneem, maar die hospitaal het ‘n deposito van R120 000 gevra voor hulle hom kan laat opneem.
Toe Rossouw en haar man vanoggend tyd gehad het en kon kyk na die mediese fonds waarby hulle in September aangesluit het, het hulle “besef dis ‘n klug”.
Intussen lê LJ steeds in die hospitaal. Rossouw sê hy het steeds nie wakkergeword nie, net toe hulle vroeër vandag sy kateter ingesit het. “Hy reageer net op pyn. Sy borsie is al blou geknyp.”
Rossouw kon tot dusver R14 380 van die R120 000 insamel. “Ek weet die liewe Vader is goed en daar is soveel mense met goeie harte in ons land. As elkeen ‘n R100 kan skenk, sal dit reeds soveel help.
Sy vertel huilend hoe sy vir ‘n ander vrou in die hospitaal se kleinkind ‘n lekker en ‘n pakkie tjips gegee het. “Ek het my goeie daad gedoen, soos wat ek nog altyd doen. Ek weet ons sal die hulp kry wat ons nodig het.”
As jy miskien voel dat jy ‘n bydrae wil lewer om LJ so gou as moontlik by ‘n privaat hospitaal kan kry, hier is Rossouw se bankbesonderhede:
Capitec
Spaar
1426549146



