Man glo met 9 000 lêers kinderpornografiese materiaal betrap

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – ‘n Man (57) is in hegtenis geneem nadat hy na bewering met kinderpornografiese materiaal betrap is, sowel as met ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Luidens ‘n polisieverslag het die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe inligting van lede van die gemeenskap ontvang oor ‘n verdagte wat pornografiese materiaal in sy woonplek berg. Polisiebeamptes het die saak die afgelope week opgevolg.

Met die polisie se aankoms by die verdagte het hulle die perseel deursoek en glo ‘n paar hardeskywe, skootrekenaars en tablette gevind. Ongeveer 9 000 lêers kinderpornografiese materiaal, insluitend video’s, is na bewering gekonfiskeer.

Terwyl hulle met hul soektog besig was, het hulle ook glo ‘n rewolwer ontdek waarvoor die verdagte nie ‘n geldige lisensie kon toon nie. Die man is daarna aangekeer en gevolglik aangekla.

Tydens sy verskyning in die hof is borg van R1 000 aan hom toegestaan ​​en sy saak is tot 28 Oktober 2021 uitgestel.

Intussen het die provinsiale kommissaris lede van die publiek geprys vir die rol wat hulle in hierdie suksesvolle arrestasie gespeel het.

LEES OOK: Inligting gesoek na valskermswewer by Leeukop sterf

LEES OOK: Heilbron-boer dood deur plaaswerker aangetref

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.