KIMBERLEY. – Monica Mazzoncini, ’n onderwyser by Hoërskool Rietvale op Ritchie, se skoolsak is vanoggend uit haar motor in Belgravia gesteel.
Mazzoncini vertel sy het nie eers ’n ruit hoor breek nie en net uitgekom en gesien haar motor se ruit is stukkend. Die insident het vanoggend omstreeks 06:30 plaasgevind.
Sewe klasse se toetse en merkwerk is nou weg. Mazzoncini sê sy is glad nie gepla oor die sak of ander goedere wat in die sak was nie, sy wil net graag haar merkwerk terugkry.
Indien jy enige inligting oor die insident het of dalk op die tas of papierwerk afgekom het, skakel asb. vir Monica by 081 244 0425.
LEES OOK: Die Viljoens – herwinning vir ’n lewe
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



