Die lekkerste oliebolle

Deel hierdie storie / Share this story

Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat, deel met ons haar staatmakerresep vir die heerlikste, tradisionele oliebolle.

Bestanddele:

5 mℓ (1 t) suiker

125 mℓ (½ k) louwarm water

10 g (3 t) rou gis

830 mℓ koekmeel

5 mℓ (1 t) sout

45 mℓ (3 t) suiker

65 mℓ (4 e) margarien

1 groot eier

75 mℓ (5 e) louwarm melk

Metode:

Los 5 mℓ suiker, louwarm water en gis op in ’n beker. Plaas eenkant vir ongeveer 15 minute tot skuimerig. Meng die meel, sout en ander 45 mℓ suiker saam. Vryf margarien in mengsel. Voeg gismengsel, eier en louwarm melk by meelmengsel en knie vir ’n paar minute.

Strooi meel in bak, plaas deegbal bo-op en maak met kleefpapier toe. Laat rys vir ± 30 minute in ’n warm plek.

Knie deeg plat en rol uit. Druk oliebolle uit met ’n drukker of maak dik wurms vir oliebolle.

Bedek weer met kleefplastiek en laat rys vir 40 – 60 minute. (Tot dubbel in volume)

Diepbraai in olie en laat afkoel.

Sif versiersuiker oor of drup gesmelte sjokolade bo-oor. Vul lang oliebolle met geklitsde room en sif droë versiersuiker bo-oor.