‘Hy is ons klein cranio warrior’

Deel hierdie storie / Share this story

Lowen Wittstock, wat vanjaar in April met kraniostenose (craniosynostosis) gebore is, het nou ‘n dringende operasie in November vanjaar nodig.

Sy ma, Liezel Wittstock, vertel dit sal vir haar en haar man Paul die wêreld beteken as klein Lowen die operasie kan ondergaan.

“‘n Nuwe begin en ‘n gesonde kind is al wat ons wil hê. Dit wat hy by geboorte moes hê, is wat die operasie vir hom sal gee.”

Kraniostenose is ‘n toestand waartydens ‘n baba se skedel te vroeg saamgroei. Dit gebeur voor die baba se brein ten volle gevorm is en een van die nagevolge kan wees dat ‘n baba se skedel misvormd raak.

Liezel vertel die moontlike simptome wat kinders met dié toestand kan ervaar. “Hulle sig kan aangetas word, daar kan ‘n vertraging in verskeie afdelings van ‘n kind se fisiese en geestelike ontwikkeling plaasvind.”

Liezel sê sy hoop dat haar Lowen se storie vir ander mammas ‘n storie van hoop kan wees. “Hulle moet weet hulle is nie alleen nie, dat daar hulp is en dat hulle nie moed moet verloor nie.”

“Hy is ons klein cranio warrior.”

As jy ‘n bydrae wou lewer vir klein Lowen se operasie in November, wat die familie ongeveer R150 000 uit die sak gaan jaag, hier is die nodige bankbesonderhede: