Hierdie is ’n lekker resep om oor ’n naweek te maak. Jy kan selfs jou kinders betrek om dit te help maak.
Bestanddele:
- 500 g pizza-deeg
- 2 uie gekarameliseerd
- 350 g spekstukkies
- swart olywe, ontpit en gesny
- 2 wiele fetakaas, gekrummel
- swartpeper
- mozzarella of parmesaankaas
- 2 teelepels bruinsuiker
- balsamiese asyn
- knippie sout
Metode:
- Voorverhit oond tot 200°C.
- Braai uie stadig in olie tot sag.
- Voeg twee teelepels bruinsuiker, knippie sout en klein bietjie balsamiese asyn by.
- Braai verder vir 5 tot 10 min oor lae hitte tot taai en gekarameliseerd.
- Rol deeg uit en druk af in pieringgrootte sirkels. Smeer uie oor pizza-deeg, dan spek, olywe en feta.
- Klein bietjie sout en swartpeper.
- Bak in oond vir ongeveer 10 minute.
- Strooi mozzarella bo-oor en bedien.
- Genoeg vir 6 mense.
Resep ingestuur deur Michelle Smith



