VICTORIA-WES. – Maurice America (21) is Sondagmiddag tydens ‘n beweerde twis na ‘n sokkerwedstryd doodgesteek.
Man in hegtenis
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die Victoria-Wes-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n 21-jarige man Sondag noodlottig met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Die slagoffer is twee keer in sy bolyf gesteek.
‘n Man (20) is in verband met die voorval in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Victoria-Wes-landdroshof op ‘n aanklag van moord.
Tawana het voortgegaan om te sê die saak word steeds ondersoek.
America was ‘n oud-leerling van Hoërskool Noord-Kaap en het vir die eerste span rugby gespeel van 2016 tot 2018 waarna hy na Victoria-Wes verhuis het.
LEES OOK: ‘Om ’n afrigter te wees, het my lewe verander’
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



