Sukkel jy met onvrugbaarheid en om swanger te word? Is jy al raadop en emosioneel uitgemergel?
Die Fertility Show Africa (FSA) vind dié jaar op 9 en 10 Oktober aanlyn plaas.
Dit beteken, maak nie saak WAAR jy is nie, jy kan dit bywoon. Wanneer kry jy OOIT so ‘n kans? Jy hoef nie ‘n afspraak te maak nie. Jy hoef nie duisende rande te betaal vir ‘n konsultasie nie. Jy kry ALLES in een hier!
Hulp met onvrugbaarheid en behandeling
Dit bied ‘n ongeëwenaarde sprekersprogram van toonaangewende vrugbaarheids- en alternatiewe ouerskapskundiges in ‘n veilige ruimte waar besoekers kan inskakel, vrae vra, antwoorde kan vind en inligting versamel.
Van die beste spesialiste in Afrika, embrioloë, verpleegsters, sielkundiges en maatskaplike werkers, asook internasionale kundiges, bied jou die geleentheid om direk aan hulle aanlyn vrae te vra.
Jy kan deelneem aan intieme vraag-en-antwoord-sessies met vrugbaarheidspesialiste en -kundiges, waarvan baie self met onvrugbaarheid gesukkel het.
Moenie dit misloop nie! Bespreek jou kaartjie nou hier.
Vir meer inligting kan jy die program hier besigtig.



