Gissings oor water onwaar

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Facebook-plasing, wat beweer Kimberley se water sal die naweek afgesit word, het paniek onder inwoners gesaai.

Alhoewel Kimberley-inwoners al gewoond is aan ongereelde wateronderbrekings, behoort die nuutste gissings onwaar te wees. 

Sello Matsi, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê daar is geen wateronderbrekings beplan vir die naweek nie. Die water is ook nie tans afgesit nie.

Die munisipaliteit is bewus van die voortdurende probleme in Roodepan wat dalk daartoe kan bydra dat Roodepan tans sonder water is, sê  Matsi.