September 24, 2021

Warrenton-skoonmaakprojek: Ons wil weer trots wees op ons dorp

Daar word ook beplan om by die historiese lokomotief skoon te maak.

Warrenton-skoonmaakprojek: Ons wil weer trots wees op ons dorp

Warrenton-skoonmaakprojek: Ons wil weer trots wees op ons dorp

WARRENTON. –  As jy ’n inwoner van Warrenton is, het jy seker die naweek die groepie mense gewaar waar hulle besig was om die ingang na die dorp skoon te maak.

Gerda Hayward, gastehuiseienaar en PA-raadslid van Wyk 5, sê die projek is begin sodat mense weer kan trots wees op die dorp.

Warrenton in ‘n pragtige dorp

“As besigheidseienaar het ek gereeld mense se kommentaar gehoor oor hoe vuil die dorp is. Ek het vir my man gesê ons sal dringend ’n plan moet maak. Nie net gaan ons besigheid verloor nie, maar Warrenton is so ’n mooi dorpie en omdat dit op die N12 en N8 geleë is, besoek soveel mense dit.”

Gerda het by die PA (Patriotic Alliance) aangesluit en is as raadslid verkies. Nie net wil sy mense weer trots maak op die dorp deur die skoonmaakprojek nie, maar ook aanmoedig om die water- en rioolprobleme waarmee die dorp al jare sukkel, te beveg.

Die PA het ander dele van die dorp geïdentifiseer wat binnekort skoongemaak gaan word. Daar word ook beplan om by die historiese lokomotief skoon te maak.

Hulle wil ook binnekort ’n herwinningsprojek aanpak.

Gerda vertel ook die CWP (Community Work Program) help hulle om skoon te maak. “Mens dink soms hulle doen niks nie, maar hulle help ons regtig.”

Gerda glo dat hierdie positiewe projek mese sal positief maak en sal inspireer om ook deel te raak van projekte om Warrenton ’n beter plek te maak.

LEES OOK: Man op hospitaalterrein doodgesteek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *