September 28, 2021

Man op hospitaalterrein doodgesteek

“Daar was glo ’n klop aan die deur en toe die meisie die deur oopmaak, was dit glo haar eks-kêrel by die deur. Hy het na bewering na haar gesoek.”

Man op hospitaalterrein doodgesteek

Man op hospitaalterrein doodgesteek

OOS-KAAP. – ’n Man is Saterdag glo deur sy meisie se eks-kêrel op die terrein van die Zithulele-hospitaal doodgesteek.

Sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, sê die oorledene (34), wat werksaam was by Zithulele-hospitaal en ook op die terrein gewoon het, het Saterdagaand saam met sy meisie en vriende in sy kamer op die perseel gekuier en gedrink.

Man word doodgesteek

“Daar was glo ’n klop aan die deur en toe die meisie die deur oopmaak, was dit glo haar eks-kêrel by die deur. Hy het na bewering na haar gesoek.”

Die verdagte het die kamer binnegegaan en ’n geveg tussen hom en die oorledene het ontstaan. As gevolg hiervan is die oorledene op die perseel van die hospitaal doodgesteek. Hy het ten tye van sy dood as ’n professionele verpleër by die hospitaal gewerk.

Die verdagte (21) is in hegtenis geneem en verskyn vandag 13 September 2021 in die landdroshof in Mqanduli.

LEES OOK: Beryl Wilson: nature conservation, journalism and crime psychology

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *