September 28, 2021

Só hou jy jou lippe sag

Só hou jy jou lippe sag (Foto: Unsplash)

Só hou jy jou lippe sag (Foto: Unsplash)

Die vel op jou lippe is van die sagste vel op jou liggaam en dis daarom baie belangrik om goed daarna om te sien. Terwyl sommige dele van jou gesig, soos jou wange, 16 lae selle het, het jou lippe net drie tot vyf.

Hier is ‘n paar maniere om na jou lippe om te sien en dit deurentyd sag te hou.

1. Gebruik lipsalf. Dis miskien voor die hand liggend, maar dis tog belangrik. 

2.Kies 'n lipsalf met SPF.Vermy ten all koste om sonbrand op jou lippe te kry.

3.Dra die regte lipstiffie. Sommige lipstiffies bevat skadelike bestanddele. Lipstiffie wat byvoorbeeld plantolies bevat, is beter vir jou lippe.

4.Gebruik lipprodukte sonder geurmiddels. Produkte met geurmiddels kan jou lippe uitdroog. 

5.Vermy dit om jou lippe te lek of te byt. Om jou lippe te byt, kan skade veroorsaak en om jou lippe te lek, kan dit uitdroog. 

6.Maak 'n heuning-en-suiker lipskrop om van die dooie velletjies op jou lippe ontslae te raak. Meng een teelepel heuning en 'n halwe teelepel suiker en skuur jou lippe liggies daarmee. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *