September 27, 2021

Klein Daniel Kerswell word twee

Danelle Kerswell, Daniel se ma, sê hulle het hoop vir die week wat voorlê.

Klein Daniel Kerswell word twee (Foto: Daniel Kerswell gebedsgroep, Facebook)

Klein Daniel Kerswell word twee (Foto: Daniel Kerswell gebedsgroep, Facebook)

Klein Daniel Kerswell wat verlede naweek in ‘n fratsongeluk onder die wiel van sy pa se voertuig beland het, het Sondag sy tweede verjaarsdag gevier.

Sy ma, Danelle Kerswell, het op ‘n gebedsgroepie wat sy op Facebook begin het, gesê Daniel se gesin kon by die hospitaal ingaan en vir hom sing.

“Almal het vir hom gesing! Dit was so spesiaal. Sy boetie het hom ook gesien, hy was so bly. Boetie lyk regtig goed. Hy het vreeslik beweeg toe ons vir hom sing en hy het sy ogies oopgemaak,” skryf sy.

Verder bedank sy almal vir hulle verjaarsdagwense aan Daniel en sy sê hulle het hoop vir die week wat voorlê.

FiND iT het voorheen berig Daniel is van Ermelo in Mpumalanga en sy longe het tydens die fratsongeluk seergekry en hy het ook verskeie breuke opgedoen.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *