September 19, 2021

Man geïdentifiseer wat sy lewe by Borrelskop verloor

Charné Steinmann, die eienaar se kleindogter, sê hulle is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie

Die 36-jarige Ivan Lebentlele se oorskot is in die puin van die brand gevind.

Die 36-jarige Ivan Lebentlele se oorskot is in die puin van die brand gevind.

Die werker wat Saterdag sy lewe verloor het toe hy by Borrelskop Lodge op Delportshoop die vlamme probeer blus het, is geïdentifiseer.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die 36-jarige Ivan Lebentlele se oorskot is in die puin van die brand gevind.

“Die eienaars, werkers en die gemeenskap het saamgestaan om die brand te blus. Die werker het sy lewe verloor toe hy die brand probeer blus het.”

FiND iT het met Charné Steinmann, die eienaar se kleindogter, gepraat.

Sy sê hulle is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie en dat die polisie besig is om die saak te ondersoek.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor wat die brand kon veroorsaak, om sers. George Mosime by 0824484850 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *