September 20, 2021

15 jaar vir moord oor sigaret

Kol. Michelle Ford, stasiebevelvoerder, het die vonnis van 15 jaar verwelkom en het die ondersoekbeampte, sers. Donna Palm, vir haar ondersoekwerk geprys.

15 jaar vir moord oor sigaret (Foto: Unsplash)

15 jaar vir moord oor sigaret (Foto: Unsplash)

Flippie Wapad (43) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n vrou ná sy geweier het om vir hom ‘n sigaret te gee.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer se 12-jarige dogter moes toekyk hoe Wapad haar ma doodsteek.

“Op 4 Februarie het Wapad die oorledene agtervolg tot by haar vriend se woning by Snake Park in Galeshewe. Hy het haar gevra vir ‘n sigaret, en sy het gesê sy het nie een nie.”

Gamieldien sê ‘n bakleiery het tussen die twee ontstaan en Wapad het haar in haar bors gesteek.

Kol. Michelle Ford, stasiebevelvoerder, het die vonnis van 15 jaar verwelkom en het die ondersoekbeampte, sers. Donna Palm, vir haar ondersoekwerk geprys.

Lees ook: Die vierde uitgawe van Bloemfontein Online Co. is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *