September 19, 2021

Verdagte silwer Polo Vivo vasgetrek

Een van MK8 Security se lede het die voertuig vasgetrek en die voertuig is vermoedelik dieselfde as die een wat die afgelope paar dae in Kimberley gesoek is.

Verdagte silwer Polo Vivo vasgetrek (Foto's: Verskaf)

Verdagte silwer Polo Vivo vasgetrek (Foto's: Verskaf)

KIMBERLEY. – ‘n Verdagte silwer Polo Vivo is gisteraand voor die Black Diamond-nagklub in Kimberley vasgetrek.

Een van MK8 Security se lede het die voertuig vasgetrek en die voertuig is vermoedelik dieselfde as die een wat die afgelope paar dae in Kimberley gesoek is.

Mynhardt Koen van MK8 Security het aan FiND iT bevestig die voertuig is vasgetrek en dat die saak aan die polisie oorhandig is.

FiND iT het voorheen berig ‘n silwer Polo Vivo is gesoek na hy glo Woensdag ‘n vrou geteiken het en sy beroof is.

Carol de Kock, ‘n blinde 62-jarige vrou, is ook Maandag deur twee mans in ‘n silwer Polo Vivo van haar besittings geroof.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen oor of dit dieselfde motor is en of die betrokke persone in hegtenis geneem en aangekla is.

Meer inligting sal later volg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *