September 28, 2021

Bekende lodge Borrelskop brand af, werker oorlede

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Bekende lodge Borrelskop brand af, werker oorlede

Bekende lodge Borrelskop brand af, werker oorlede

DELPORTSHOOP. – Borrelskop, ‘n bekende lodge op Delportshoop, het gisteraand in vlamme opgegaan.

Charne Steinmann, die eienaar se kleindogter, sê een van die werkers het sy lewe verloor na hy op die dak van die lodge was om te probeer om die vlamme te keer.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Steinmann sê die polisie is tans besig met ‘n ondersoek om uit te vind wat die oorsaak kon wees.

“Die buurtwag het my ouma gisteraand laat weet dat een van die geboue aan die brand is. Die kroeg, twee eetsale en die kombuis is daarmee heen.”

“Hulle is steeds besig om die brand te blus. Van die vlamme smeul nog.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *