‘n Vrou (116) van Turkye is nou een van die wêreld se oudste pasiënte wat Covid-19 geklop het.
Ayse Karatay is van die intensiewesorgeenheid na die algemene saal by ‘n hospitaal in Eskisehir oorgeplaas, vertel haar seun aan ‘n Turkse nuusagentskap.
Volgens haar seun is Karatay in die hospitaal opgeneem toe sy verlede maand simptome van die virus getoon het.
“My ma het op die ouderdom van 116 siek geraak en was vir drie weke in die hospitaal se intensiewesorgeenheid. “Haar gesondheid is nou baie goed en sy raak net beter.”
Volgens haar seun het Karatay een dosis van die Chinese Sinovac-inenting gekry voor sy siek geraak het.
Die dokters vermoed dat sy die virus by een van haar familielede gekry het.
Bron: Republic World
Lees ook: Die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co. is hier
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



