September 19, 2021

Twee gewond toe polisie besigheidsrooftog voorkom

Twee gewond toe polisie besigheidsrooftog voorkom

Twee gewond toe polisie besigheidsrooftog voorkom

Die polisie in Gauteng het vandag vinnig opgetree toe hulle inligting oor ‘n rooftog by ‘n besigheid opgevolg het.

Kapt. Amanda Van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die lede het die inligting gebruik en kon die besigheid waar die rooftog sou plaasvind, identifiseer.

“Die vyf verdagtes het die polisie raakgesien en gevlug. Die verdagtes het skote op die polisie afgevuur en die polisie het teruggeskiet.”

Twee verdagtes is gewond en is tans onder polisiebewaking by ‘n mediese fasiliteit. Drie is in hegtenis geneem en drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is gekonfiskeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *