NOORD-WES. – Die LUR vir gesondheid, Madoda Sambatha, sal vandag om 13:00 die Christiana-hospitaal besoek waar ‘n brand vroeër vanoggend uitgebreek het.
‘n Verklaring wat vanoggend deur die departement uitgereik is, lui dat dit voorkom asof die hele hospitaal deur die brand geraak word en dat die brandbestryders ‘n geruime tyd besig was om die vuur te blus. Pasiënte is ontruim en reëlings is getref om hulle na nabygeleë gesondheidsorgsentrums te vervoer. Daar is geen berigte oor enige beserings of sterftes as gevolg van hierdie brand nie.
Kyk ‘n video van die brand hier: Christiana-hospitaal brand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



