September 28, 2021

‘Spesiale behandeling vir Zuma het van begin gedui op vroeë vrylating’

Die VF Plus sal steeds wil sien dat ’n onafhanklike mediese mening ingewin word om Zuma se siektetoestand te staaf.

‘Spesiale behandeling vir Zuma het van begin gedui op vroeë vrylating’

‘Spesiale behandeling vir Zuma het van begin gedui op vroeë vrylating’

“Die feit dat oud-president Jacob Zuma feitlik deurentyd sy straf in die Estcourt-gevangenis se mediese afdeling uitgedien het, het gedui om spesiale bevoordeling en dit is daarom geen verrassing dat hy mediese parool ontvang het nie,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, Sondag in ’n persverklaring gesê.

 Volgens Groenewald het die VF Plus gewaarsku dat daar nie ʼn herhaling moet wees van die Schabir Shaik-klugspul waar ’n beweerde ernstige siekte en hospitalisering ’n maklike metode was om verdiende straf vry te spring nie.

Spesiale behandeling vir Jacob Zuma dalk herhaling

“Dit is egter duidelik dat wat nou met Zuma gebeur het, ʼn herhaling van die Shaik-metode is om straf te ontduik. Hierdie spesiale behandeling vir sommiges laat toe dat die land se strafregstelsel ondermyn word. Daar sal gekyk moet word na die magte en bevoegdhede van die kommissaris van korrektiewe dienste om mense klaarblyklik net op parool vry te laat soos wat met Zuma gebeur het.”

Die VF Plus sal steeds wil sien dat ’n onafhanklike mediese mening ingewin word om Zuma se siektetoestand te staaf.

Mediese parool kan toegeken word

Mediese parool kan hoofsaaklik toegeken word aan persone wat aan ’n terminale siekte ly en om aan hulle die geleentheid te bied om tuis in die laaste fases van hul die siekte by hul naasbestaandes deur te bring.

“Vir Shaik was dit bloot ’n vrypas om gholf te speel en sy vryheid te geniet. Dit sou onaanvaarbaar wees indien Zuma dieselfde maklike pas na vryheid ontvang het.”

LEES OOK: Zuma kry mediese parool

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *