September 20, 2021

Drie vroue publiseer gebedsjoernaal vir vroue

Magé Troskie het in 'n oogwenk bekend geraak vir die spesiale boodskap wat sy aan die gr. 8-leerlinge met haar skool se opening oorgedra het. (Foto: Hoer \

Drie vroue publiseer gebedsjoernaal vir vroue

Anli Starke (38), Liza Conradie (40) en Roa Taylor (29) se gebedsjoernaal vir vroue “Treasures in Prayer” is volgens Anli ’n stukkie gereedskap waarmee die vrou van vandag God se wil kan nastreef, Hom prys vir gebede wat beantwoord word en reflekteer op dit wat God met ons deel.

Anli vertel die drie vriendinne het besluit om die gebedsjoernaal te skryf en te laat publiseer omdat hulle, in die tye waarin ons vandag leef, besef het “ons kan nie alleen loop sonder ons hande in God se hand nie”.

Die joernaal maak dit moontlik vir vroue om hul mans, kinders, familie en elkeen wat God op hul harte plaas, aan Hom op te dra en om ook te reflekteer op God se wonders. Die joernaal het verskeie seksies waar jy kan skryf oor drome, gebede vir jou gesin en vriende, gesondheid, of notas kan maak oor Bybelstudie of preke.

Anli vertel al drie van hulle het haar eie unieke rol gespeel in die ontwerp en skryf van die boek, maar dat hulle dieselfde visie gehad het. “Dit was moeilik om God se groter plan mis te kyk. Ons elkeen het ons eie unieke rol gespeel, maar ons het baie saamgebid oor wat God vir die joernaal wil hê.”

Die vriendinne en hulle ontwerper, Sam, het vir ongeveer ’n jaar aan die joernaal gewerk voor dit vanjaar uitgereik is.

Liza, eienaar van ’n geskenkwinkel, het weggespring met die beplanning en die verkryging van die mooi verpakking vir die joernale. Roa en haar man, Israel, het gehelp om die boek se skrif uit te kies en ook met die fotograaf, Marlize gereël vir die neem van foto’s. Anli het met die drukkers saamgewerk. “Wat lekker is van almal wat betrokke is, is dat ons regtig gebid het dat die Here vir ons deure sal oopmaak na mense wat ons met die maak van die boek sal kan help,” vertel Anli. “En ek kan met vrymoedigheid sê die Here het voorsien en mense op ons pad gestuur om die proses vir ons te vergemaklik.”

Anli sê die terugvoer wat hulle tot dusver van vroue ontvang het, is baie goed. “Die vrouens is baie opgewonde en almal ondersteun ons geweldig.”

Die drie beplan ook om vorentoe, sou dit God se wil wees, nog baie meer aan te pak en sê hulle is baie opgewonde daaroor.

“Ons almal het tog een hartsbegeerte voor oë, en dit is dat ons en ons geliefdes so geesvervuld sal wees dat ons elke dag met oorgawe, sonder vrees, sal aanpak. Elkeen het so baie uitdagings en almal probeer ‘n masker dra, maar voor God kan ons net wees. En dit bring ons terug na die doel van die boek. Ons kan voor God kom stilword en wag dat Hy ons in ons binnekamer kom ontmoet, die pen vat en Sy hand oor die blaaie laat vloei.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *