Die departement van korrektiewe dienste het bevestig oud-president Jacob Zuma is mediese parool toegestaan.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, het in ’n persverklaring bevestig Zuma is mediese parool toegestaan weens ’n mediese verslag wat die departement ontvang het.
Zuma is volgens die verklaring terminaal siek, kan nie dag tot dag take verrig of na homself omsien nie.
Die verklaring gaan voort om te sê dat die kans vir die gevangene om weer te oortree, min moet wees, wat glo die geval met Zuma is.
Hier is die volledige persverklaring:




