September 27, 2021

Roofverdagte dood in skietery met polisie

‘n Onbekende bedrag geld wat in die rooftog gesteel is, is deur die polisie teruggevind.

Die verdagte wat dood is in die skietery was in sy 40's.

Die verdagte wat dood is in die skietery was in sy 40's.(Foto: The Citizen)

DURBAN.- Die SAPD het gereageer op ‘n berig oor ‘n gewapende roof by ‘n poskantoor. Toe hulle op die toneel aankom, is hulle deur koeëls begroet. ‘n Verdagte is noodlottig in die daaropvolgende oor-en-weer-skietery getref.

Die verdagte wat dood is in die skietery was in sy 40’s

Volgens ‘n mediaverklaring uitgereik deur die SAPD is vyf ander verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 45 gearresteer. Die polisie het ook vir verdere ondersoek beslag gelê op drie pistole, ammunisie en die voertuig wat gebruik is om die rooftog uit te voer.

‘n Onbekende bedrag geld wat in die rooftog gesteel is, is deur die polisie teruggevind. Die verdagtes sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.

Die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, verwelkom die vinnige arrestasie van die gewapende rowers. “Die vinnige reaksie deur die Ekuvukeni SAPD word geprys. Ons hoop dat hierdie arrestasies ‘n duidelike boodskap stuur aan misdadigers wat van plan is om ‘n kans in hierdie provinsie te waag. Ons polisiebeamptes is opgewasse vir hulle taak en sulke arrestasies vind gereeld in KwaZulu-Natal plaas, ”het hy gesê.

Lees ook: Skok en afgryse na kleuter in rioolwater verdrink

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *