September 20, 2021

Is jy ‘n ‘venster-vrou’? Verstaan jy dit?

Is jy dalk 'n vrou met woede en wat wil jy hê moet 'n venster-vrou doen om jou by te staan?

Is jy dalk 'n vrou met woede en wat wil jy hê moet 'n venster-vrou doen om jou by te staan? (Foto: Sit aan die ketel)

Die gedig weerspieël die kwaad en moegheid wat in sommige vrouens woed. Het jy dit al beleef? Wat is jou raad aan ‘n “venster-vrou” wat nie weet hoe om ‘n ander vrou by te staan nie?

Lees ook: Kimberley Online Co. 3 September 2021

Venster vrou
Ek sit graag buite in my tuin.
Soms laat saans as ek die dag se gedagtes regskuif en met God gesels oor ditjies en datjies.
Naby my huis, iewers agter erfmure woon ‘n naamlose vrou.
Ek ken haar nie.
Ek hoor haar…
Haar huis is ‘n battle-ground.
Haar vrede lê stukkend, gespat oor die buurt.
Sy is kwaad.
Ek het lank terug met so ‘n kwaad gelewe. Een wat jou van binne opvreet en al wat jy kan doen, is skree voor dit jou lewendig opeet.
Tot ek jare later my kwaad sit gemaak het en leer ken het.
My kwaad was net ‘n rookskerm vir ‘n hele klomp hartseer.
Hulle sê mos so mooi in Engels: Beneath all anger lay tremendous sadness…
Daar sit ek aand na aand in my tuin en luister ver verby haar vuur wat verwoed uitbrand, tot haar huis stilraak.

Ek sukkel, want in my natuur wil ek oor ‘n muur klim, klop en haar hand vat, sodat sy stil en salig op my skouer daai ding kan uithuil. Dit is nie my plek nie.
Vir nou is ek ‘n venster-vrou.
Die een wat in die venster staan.
Ek bid ‘n Lig-sirkel om haar huis.

Lank terug het ek gehoor: “You cannot change what you don’t acknowledge.
Soms moet mens maar net in die venster staan en bid dat haar “erken” een mooi dag op haar skoot kom lê sodat Vrede in haar oë kan kom woon.


kopiereg

Venster-vrou is geskryf deur Yolande Brittnell Steyn

Lees ook: Koffietert – resep

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *