September 28, 2021

Polisie neem man in hegtenis oor besit van onwettige vuurwapen en omkopery

Volgens polisieverslae het die man ook glo geld aangebied dat die polisie hom laat gaan.

Polisie neem man in hegtenis oor besit van onwettige vuurwapen en omkopery (Foto: South African Police Service)

Polisie neem man in hegtenis oor besit van onwettige vuurwapen en omkopery (Foto: South African Police Service)

Die polisie in Gqeberha het Donderdag ‘n Chinese man in hegtenis geneem en ‘n onwettige vuurwapen en kontant gekonfiskeer tydens vermoedelike onwettige perlemoenhandel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Donderdagmiddag om ongeveer 17:00 inligting ontvang en opgevolg oor ‘n persoon wat glo op pad was om met perlemoen handel te dryf.

“In Marine Drive in Summerstrand het hulle ‘n bruin BMW raakgesien. Toe die polisie die voertuig nader, het die bestuurder weggejaag, maar die polisie kon hom uiteindelik stop.”

Naidu sê ‘n 9mm-pistool waarvan die reeksnommer afgeskuur was, is in die bestuurder se baadjiesak gevind. ‘n Onbekende som geld is ook in die voertuig gevind. Volgens polisieverslae het die man ook glo geld aangebied dat die polisie hom laat gaan.

Die 30-jarige verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van ‘n onwettige vuurwapen, ammunisie en omkopery. Hy verskyn binnekort in die hof.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se derde uitgawe is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *