September 16, 2021

Kêrel skiet glo meisie na hy haar van ontrouheid beskuldig

Die vuurwapen waarmee die verdagte geskiet is, is in beslag geneem en lede het ontdek dat dit geen reeksnommer het nie.

Kêrel skiet glo meisie na hy haar van ontrouheid beskuldig

Kêrel skiet glo meisie na hy haar van ontrouheid beskuldig

GAUTENG. – ’n Man (38) het glo sy meisie (28) in hulle woonstel geskiet en ook haar selfoon met ’n patroon beskadig nadat hy haar glo van ontrouheid beskuldig het.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Woensdag 1 September 2021 plaasgevind nadat die paar ’n rusie oor die slagoffer se selfoon gehad het.

Meisie in bolyf geskiet

“Hy het haar daarvan beskuldig dat sy hom verkul en het haar toe glo in die bolyf geskiet, waarna hy ook haar selfoon beskadig het.”

Daar is met die slagoffer deur ’n ambulans na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Die polisie het die verdagte omstreeks 21:30 by Cherry Court, op die hoek van Bree- en Pollystraat in hegtenis geneem.

Die vuurwapen waarmee die verdagte geskiet is, is in beslag geneem en lede het ontdek dat dit geen reeksnommer het nie.

Die verdagte sal vandag in die landdroshof in Johannesburg op aanklag van poging tot moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, verskyn.

LEES OOK: Kimberley Online Co. 3 September 2021

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *