Die bekende musikant Lil Nas X het mense Donderdag twee keer laat kyk toe hy foto’s van homself met ‘n “swanger” maag op sosiale media gedeel het om sy komende debuutalbum te bemark.
Hy vertel aan People dat Montero, sy album wat op 17 September vrygestel word, soos sy “baba” is en dat hy daarom besluit het om ‘n “swangerskap-fotosessie” te laat doen.
In die video, wat Lil Nas X op TikTok gedeel het, skryf hy: “Verrassing! Baba ‘Montero’ se datum is 17 September”.
In ‘n onderhoud met People vertel Lil Nas X waar hy aan die idee vir die foto’s gekom het.
“Ek het na Megan Thee Stallion se vers in sy nuwe liedjie Dolla Sign Slime geluister. Ek het dadelik gedink hierdie is amazing. Ek het my stilis gebel en sy het gesê alles kom bymekaar. My album. My baba.”
Sy stilis het as ‘n grappie gesê hy moet ‘n swangerskap-fotosessie laat doen en hy het dadelik gedink dis ‘n goeie idee.



