September 28, 2021

Vrou gesoek na sy glo verskillende ID’s gebruik vir kontrakte

Daar word beweer dat die beskuldigde na Cell C in Kuruman gegaan het om aansoek te doen vir selfoonkontrakte.

Vrou gesoek na sy glo verskillende ID’s gebruik vir kontrakte

Vrou gesoek na sy glo verskillende ID’s gebruik vir kontrakteFoto: SAPS

KURUMAN. – Jean-Marley Phiri (34) word deur die polisie gesoek nadat sy glo verskillende ID’s gebruik het om by drie verkillende geleenthede selfoonkontrakte by Cell C uit te neem.

Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, sê op 6 Julie 2021 omstreeks 17:15 is die vrou deur die Kuruman-polisie in hegtenis geneem weens beweerde bedrog. Daar word beweer dat die beskuldigde na Cell C in Kuruman gegaan het om aansoek te doen vir selfoonkontrakte.

Winkel kom agter vrou gebruik verskillende ID’s

“Die eerste en tweede keer was haar aansoeke suksesvol. Sy is toe vir die derde keer terug na die winkel om weer aansoek te doen. Daar is toe ontdek dat sy glo verskillende identiteitsdokumente gebruik. Die polisie is dus ingelig en sy is weens beweerde bedrog in hegtenis geneem. Die totale waarde van die selfone is R34 344.”

Op 7 Julie 2021 het sy in die Kuruman-landdroshof verskyn. Sy is op borgtog van R500 vrygelaat. Op 30 Julie 2021 het sy versuim om weer in die hof te verskyn. ‘n Lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik.

Enige persoon wat haar moontlik gesien het, kan sers. Borale by 083 368 7057 of 0537129800 kotank. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

LEES OOK: Leerder gee homself oor na slagoffer op skoolterrein doodgesteek is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *