September 20, 2021

Loonkito, die oudste Afrika-leeu en legende onder die legendes

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) sê Afrika-leeus se getalle is gehalveer teenoor 25 jaar gelede.

Lion Gaurdians beskryf Loonkito, die oudste Afrika-leeu, as die legende onder die legendes.

Lion Gaurdians beskryf Loonkito, die oudste Afrika-leeu, as die legende onder die legendes. (Foto: Kenya Wildlife service en 9Gag)

Loonkito hou tans die rekord vir die oudste Afrika-leeu in die wildernis en ook in die Amboseli- nasionale park. Hy is al ouer as 17 jaar en is al vir meer as ‘n dekade lank suksesvol in die beskerming van sy grondgebied.

Lion Gaurdians beskryf Loonkito, die oudste Afrika-leeu, as die legende onder die legendes.

Volgens National Geographic lewe leeus in groepe en hierdie groepe kan bestaan uit tussen twee tot 40 leeus. Daar sal ook altyd tussen een tot vier manlike leeus per dosyn vroulike leeus wees. Die mannetjieleeus is verantwoordelik vir die beskerming van die trop en merk hulle grondgebied deur daar te urineer en aanhoudend te brul om ander diere te waarsku.

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) sê Afrika-leeus se getalle is gehalveer teenoor 25 jaar gelede. IUCN sê daar is omtrent net 25 000 van hierdie leeus in Afrika oor en daarom klasifiseer hulle die Afrika-leeu as kwesbaar vir uitwissing.

Lees ook: Hoekom is my kind ‘n boelie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *