PRETORIA.- ‘n Polisievrou het aan haar beserings beswyk nadat sy in ‘n winkel geskiet is. Bheki Cele, die minister van polisie, sal na verwagting vandag ‘n besoek aan die oorlede sersant se familie bring.
Volgens IOL was sers. Mogale en sers. Petje in ‘n winkel in Tembisa toe hulle aangeval is. Mogale is in die kop geskiet en het later aan haar beserings beswyk, terwyl Petje ongedeerd kon wegkom. Albei die beamptes se dienspistole is deur die aanvallers gesteel.
Polisievrou in winkel geskiet terwyl die land vrouemaand vier
Lirandzu Themba, woordvoerder van die ministerie van polisie, sê die dood van sers. Mogale is ‘n skok, veral gegewe die tyd van die gebeurtenis. “‘Terwyl Vrouemaand tot ‘n einde kom, het die Suid -Afrikaanse polisiediens nog ‘n verwoestende slag gely, hierdie keer met die aanval en die berowing van twee gewapende vroulike polisielede, van wie een noodlottig gewond is.”
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens hou jaarliks op 1 September ‘n herdenking ter ere van sy lede wat hul lewens tydens die uitvoering van hul pligte verloor het.
Lees ook:Kimberley se glasman en sy spieëls



