Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak

Deel hierdie storie / Share this story

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van Limpopo se hooggeregshof in Polokwane (Pietersburg) wat twee lewenslange vonnisse aan Mpho Mbuyane opgelê het vir die dubbele Van Zyl-plaasmoord.

Só sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.

Die egpaar Piet en Tilla van Zyl is op 20 Augustus 2017 op hul wildsplaas Kalkpoort buite Zebediela in die Immerpan-distrik vermoor.

Mbuyane is ʼn verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir huisroof na die Van Zyl-plaasmoord.

“Die VF Plus wil sy dank uitspreek teenoor die polisie se misdaadintelligensie-, opsporings- en ondersoekeenhede en die Heritage Protection Group (HPG) se harde en onvermoeide werk wat tot die inhegtenisneming van Mbuyane gelei het,” sê Maritz.

“Hierdie is ʼn bewys dat die samewerking tussen die polisie, die gemeenskap, private sekuriteitsmaatskappye en die howe belangrik is om die euwel van plaasaanvalle en -moorde uit te roei.”

Die VF Plus spreek sy hoop uit dat die swaar strawwe wat howe aan sulke oortreders oplê, sal dien as afskrikmiddel vir ander wat soortgelyke misdade beplan.

Lees ook: Die tweede uitgawe van Bloemfontein Online Co. is hier!

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.