KLERKSDORP. – ‘n Pa (38) wat daarvan beskuldig word dat hy glo sy eie 12-jarige dogter twee dae na mekaar in sy huis verkrag het terwyl hy op parool uit was, se saak is tot 2 September uitgestel.
Die saak is uitgestel sodat die dossier beskikbaar gemaak kan word.
FiND iT het vroeër berig die beskuldigde was tydens die voorval in Mei uit op parool nadat hy in 2008 aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind is. Hy is toe in 2016 op parool vrygelaat en dit sou op 23 Desember 2023 verstryk.
Die dogter het na bewering vir haar ouma van die voorval vertel, wat dit later by die polisie aangemeld het.
LEES OOK: Pa verkrag glo eie dogter (12) tydens parool
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



