Hoephoepieland, geskryf deur Ronél van der Watt en pragtig geïllustreer deur Mandé du Plessis, is ’n boek met sosiale gewete wat oor omgee, vriendskap en lojaliteit handel. Dit is ’n lieflike voorlees- een selfleesboek vir kinders vyf tot nege jaar, maar kinders van tot twaalf sal die stories baie geniet en van waarde vind.
Opsomming
Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart. Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid-Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ʼn aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan. Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.
Meer oor die outeur
Ronél van der Watt het ’n PhD in kindersielkunde (UV). Dié bundel stories is gebaseer op haar praktykervaring as kliniese sielkundige van bykans 34 jaar.
Meer oor die illustreerder
Mandé du Plessis is ’n grafiese kunstenaar. Sy het ’n honneursgraad in kunsgeskiedenis (UV) en ’n BA-graad in beeldende kuns (UV). Besoek haar webtuiste by www.maankatstudio.co.za om haar werk te sien.
Kry jou kopie van Hoephoepieland hier.



